Die Bordspel
Kruispad is ‘n speletjie vol pret en plesier met die groot doel om elke speler uiteindelik te lei na die KRUIS.
Word deel van ons wenspan en help ons om ‘n verskil te maak in die lewens van ons bejaardes. Ons wil graag die speletjie gratis aan ouetehuise skenk. Met elke speletjie wat verkoop word, help jy dat ons hierdie doel kan bereik.
Kruispad word deur ‘n nie-winsgewende maatskappy (Croesffordd NPC) bemark en versprei. Croesffordd, wat toevallig ook “KRUISPAD” in Wallies beteken, is gestig om ons bejaardes te bedien.

'n Opbouende spel vir die HELE GESIN!









